Merensky ruiters presteer

Anri Janse van Rensburg

Die derde Western Mounted Games kwalifiserende byeenkoms vir 2016 is op 15 en 16 April by Dusty Hill in Tzaneen aangebied. 36 Ruiters het deelgeneem in 2 afdelings, naamlik skole- en ope-afdeling. Hoërskool Merensky is baie goed verteenwoording met 9 ruiters.

In die Vlak 0-afdeling verwerf Dominique Bond 4 derde plekke. Mernique Potgieter behaal 5 plekke, waaronder een eerste plek. Sy verwerf ook ‘n tweede en ‘n derde plek in die ope afdeling.

By vlak 1 verwerf Hennerien Knox, op haar perd Silver, 4 plekke, waaronder een eerste plek. Sy word aangewys as reserwe kampioen.  Sy verwerf ook 1 derde plek in die ope afdeling. Genevieve van der Merwe, op haar perd Doc Bughati, verwerf 4 plekke. Deonette Erasmus verwerf 4 plekke, waaronder een eerste plek. Sy verwerf ook 3 plekke in die ope-afdeling waaronder 1 eerste plek.

Dawie van Jaarsveld verwerf 4 plekke op vlak 4. Hy verwerf ook 4 plekke in die ope-afdeling. Theo van der Merwe verwerf 4 plekke waaronder 1 eerste plek. Hy verwerf ook 3 plekke in die ope- afdeling. Wandri Janse van Rensburg verwerf 4 plekke en is aangewys as reserwe kampioen.  Sy verwerf ook 3 eerste plekke in die ope afdeling en word aangewys as kampioen. Hennerien Knox, op Mekadesh Bint Fiesta, verwerf 3 plekke. Sy verwerf ook 3 plekke in die ope- afdeling waaronder 1 eerste plek.

In die vlak 7-afdeling verwerf topruiter Anri Janse van Rensburg 5 plekke waaronder vier eerste plekke en is aangewys as kampioen. Sy verwerf ook 5 plekke in die ope afdeling, waaronder 1 eerste plek en is aangewys as reserwe kampioen. Genevieve van der Merwe verwerf 5 plekke waaronder 1 eerste plek en is aangewys as reserwe kampioen, Sy verwerf ook 5 plekke in die ope afdeling.

Plasieland is besonder trots op hierdie puik span perderuiters.