Merensky seëvier by Nasionale Tritech

Tritech Nasionale Goud

Nie minder nie as 206 leerders van Limpopo en Mpumalanga het deelgeneem aan die finale rondte van Tritech wat op 16 en 17 September by Hoërskool Merensky aangebied is. 165 Projekte is Vrydag uitgestal en beoordeel deur ‘n span van 80 kundige beoordelaars wat kenners uit verskeie vakgebiede verteenwoordig.

Vrydagaand se aktiwiteit is deur die Departement Bedryfsingenieurswese van Noordwes Universiteit aangebied, onder leiding van Hasan Darwish. Die jong wetenskaplikes moes in speletjiesformaat ‘n produksieketting van ontginning van grondstowwe tot finale verkoop van produkte uitvoer. Die jong wetenskaplikes het die uitdaging stormenderhand aangepak, te midde van vet pret.

46 Merensky-leerlinge het gepronk met 36 projekte, waarvan 8 goud, 15 silwer en 13 brons behaal het.

Marlu McLean (graad 11), met haar uitsonderlike navorsing oor verskillende bakterieë wat in badkamers waar handdroërs gebruik word voorkom, is aangewys as beste senior projek van die dag.

Riëtte Warmenhoven se projek “Kuur jou suur gesig” het beoordelaars beïndruk. Riëtte het op wetenskaplike wyse die werking van teensuurmiddels ondersoek en bevind dat koeksoda ‘n baie goeie teensuurmiddel is, maar nie goed vir die fisiologiese prosesse in die liggaam nie.

Buiten die topprojek van die dag is 10 spesiale pryse ook aan Plasies toegeken:
Danzi Ivy – 1ste plek, Junior Omgewings- en Sosiale Wetenskappe
Ryan Jackson – 1 ste plek, Junior Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie
Ezri Hugo – 1ste plek, Senior Landbouwetenskappe
Riëtte Warmenhoven – 1ste plek, Senior Gesondheidswetenskappe
Janco Theron – 1ste plek, Senior Wiskunde, Wetenskap en tegnologie
Lisa MaGuire en Liza-Ri Snyman – 2de plak, Junior Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie
Kesia Pohl – 3de plake, Junior Landbouwetenskappe
Anize Basson – 3de plek, Junior Gesondheidswetenskappe
Tahiyya Moosa – 3de plek, Senior Landbouwetenskappe
Stefan Prinsloo – 3de plek, Senior Ingenieurswese en Ontwerp