Merensky seunshokkie staan hulle man teen PHS

Nike Field Hockey

Op 4 Mei het Merensky se seunshokkiespanne kragte gemeet teen Pietersburg Hoërskool op hul tuisveld. Die o.14-seuns het die baan geopen met ‘n puik wedstryd teen die gedugte span van PHS (wat binnekort uitspeel vir eerste- of tweedeplek by die TUKS-reeks). Gerhardus Fourie het die Plasies 1-0 laat voorloop, maar ongelukkig het die Pieties die telling gelykop gemaak en was 1-1 die finale telling.

Die o.15-seuns was weer die kampioenspan van die dag, met hul 3-0 oorwinning. Luánn Botha het ‘n pragdoel aangeteken in die eerste helfde, terwyl Johan Strydom en Doran Kleynhans die wedstryd buite PHS se bereik gesit het met doele van hulle eie.

Die tweedespan het hulle bes probeer teen ‘n goeie PHS-span en ongelukkig 1-2 verloor. Die Plasiedoel was aangeteken deur Melvyn Maphoto.

Die eerste span het mooi verdedig om die telling slegs 0-1 te hou na 60 minute. Die Plasiespelers was vuur-en-vlam in die tweede helfde, maar kon net nie daarin slaag om die bal in die doelhok te kry nie.