Merensky skitter by Musiek Eisteddfod

Paige Stephenson, Dee-Anne Preece, mnr. Chris van Staden (beoordelaar), Cara Baker en Lera Avdysh.

Ywerige sangers en instrumentaliste van Hoërskool Merensky het die geleentheid aangegryp om aan vanjaar se Eisteddfod op 23 en 24 Augustus deel te neem. 18 Plasies het aan 42 items in die gesellige Teatro deelgeneem.

Die gesoute beoordelaar, mnr. Chris van Staden het met lewendige kommentaar en wenke gesorg dat voornemende kunstenaars daarna uitsien om volgende jaar weer deel te neem.

FOTO

Paige Stephenson, Dee-Anne Preece, mnr. Chris van Staden (beoordelaar), Cara Baker en Lera Avdysh.