Merensky skouspringer presteer

Laryn Bezuidenhout

Laryn Bezuidenhout, ‘n graad 11 leerling van Hoërskool Merensky het op 16 tot 19 Februarie aan die Revil Stables Classic in Polokwane deelgeneem. Tydens hierdie skou het sy en haar perd, Saratoga Tango, op Donderdag in die 90cm-klas deelgeneem en ‘n tweedeplek behaal.

Vanaf Vrydag tot Sondag spring sy in die 1m-kampioenskapsklas. Met ‘n vierde plek en genoegsame punte kwalifiseer Bezuidenhout om voortaan die 1.1m-klas aan te durf.

Na 5 jaar se toegewyde oefening spog Bezuidenhout ook met die Limpopo titel as beste vlak 4-ruiter in die skouspring-dissipline.