Merensky skuts berei voor vir wêreldkampioenskap

SANAA Veldkompetisie

FOTO:
MEDALJE WENNERS
Dawie Theron, Lin-Marie Theron, Canell Jackson, Rohan Wewege, Sean Hunt en Dewald Haagner.


Tien skuts van die Hoërskool Merensky boogskietklub het die naweek van 12 Mei aan die SANAA Veldkompetisie te Thabazimbi deelgeneem.

Hierdie kompetisie was weer ter voorbereiding vir die wêreldkampioenskap wat in Oktober hierdie jaar aangebied word.

Die Merensky-skuts het weereens baie goed gevaar. Canell Jakson en Rohan Wewege is gekroon met goue medaljes, terwyl Lin-Marie Theron en Dewald Haagner silwer ingepalm het en Sean Hunt brons.

Die Plasies is trots op Lin-Marie Theron en Canell Jackson wat albei provinsiale kleure vir 2018/2019 in “veld” verwerf het.