Merensky-skuts nader wêreldkampioenskap

Sean Hunt, Benéche Jackson, Ryan Jackson, Canell Jackson, Ashley Hunt en Rohan Wewege.

FOTO:
Sean Hunt, Benéche Jackson, Ryan Jackson, Canell Jackson, Ashley Hunt en Rohan Wewege.


Hoërskool Merensky se boogskietklub, verteenwoordig deur 6 vasberade skuts, het op 3 en 4 Maart aan die Mpumalanga veldkampioenskap by Klippan boogskietbaan in Carolina deelgeneem.

Die kompetisie is bygewoon deur skuts van oraloor, ter voorbereiding vir die wêreldkampioenskap wat in Oktober hierdie jaar plaasvind.

Dit was twee uitdagende dae vir die deelnemers en die moeilike baan het baie deursettingsvermoë geverg.  Die Plasies hou daarvan om hulle pyle in die goud te gaan haal en die volgende skuts is gekroon met goue medaljes in hulle verskeie kategorieë: Sean Hunt (YAMFU), Canell Jackson (JFBU) en Rohan Wewege (JMBU).

Ryan Jackson (YAMFU) en Benéche Jackson (AFFU) verwerf albei ‘n silwer medalje, met Ashley Hunt (JFBU) wat ‘n brons medalje losskiet.

Canell Jackson het twee nasionale tellings geskiet – ‘n skut moet drie kwalifiserende tellings skiet in een seisoen om kleure te verwerf.