Merensky skuts skiet goud

Sean Hunt, Ryan Jackson, Canell Jackson, Ashley Hunt en Dewald Wagenaar.

FOTO:
Sean Hunt, Ryan Jackson, Canell Jackson, Ashley Hunt en Dewald Wagenaar.


Vyf skuts van die befaamde Merensky boogskietklub het op 17 en 18 Februarie deelgeneem aan die Ekurhuleni IFAA binnenshuise boogskietkampioenskap by Action Archery in Kempton Park.

Hierdie kompetisie was behoorlik ‘n naelbyt affêre, waar ‘n hoë vlak van konsentrasie vir bykans 2 ure behou moes word. Die skuts moes 12 rondes van 5 pyle elk oor 20 jaard afskiet.

Goue medaljes word aan die einde van die dag toegeken aan Ryan Jackson (YAMFU), Dewald Wagenaar (YAMBU) en Canell Jackson (JFBU). Ryan Jackson en Dewald Wagenaar spog ook met persoonlike beste tellings. Sean Hunt (YAMFU) verwerf ‘n silwer medalje, terwyl Ashley Hunt (JFFU) wegstap met ‘n vierdeplek in haar afdeling.

Die Plasie-skuts sien uit na die Suid-Afrikaanse binnenshuise boogskietkampioenskap wat in April plaasvind.