Merensky spel skerp

2016 ATKV Spelathon provinsiaal

Hoërskool Merensky het op 18 Augustus by Mitchell House in Polokwane deelgeneem aan die provinsiale uitdunne van die ATKV se spelathonkompetisie. Leerlinge van graad 9 Afrikaans Huistaal, graad 10 Afrikaans Eerste Addisionele taal en graad 10 Afrikaans Huistaal het daar deelgeneem.

Die Plasies het weer gewys hulle kan spel met skoonskip uitslae in graad 9. Janko Blignaut neem eersteplek en Anize Basson tweedeplek in die Afrikaans Huistaal-afdeling.

Die graad 10 Afrikaans Huistaal-leerlinge herhaal die prestasie met Anri McLean in die eersteplek en Letilda Pohl in die tweedeplek. Jordin Young het ‘n derdeplek behaal in die graad 10 Afrikaans Eerste Addisionele taal-afdeling.

Die eersteplekke sal Limpopo verteenwoordig by die ATKV landswye finaal.