Merensky spog met nog 12 onderskeidings

Die volgende graad 12-leerders van Hoërskool Merensky het nog onderskeidings by hul 2016 uitslae gevoeg na hul vraestelle onlangs hernagesien is.

Ivan Botha 2, English FAL en Wiskunde (nou 4 onderskeidings); Wian Brits 1, Wiskundige Geletterdheid (nou 2 onderskeidings); Altacia Gubitz 1, Rekenaartoepassingstegnologie (nou 3 onderskeidings); Christopher Hamilton-Fowl 1, Geografie (nou 3 onderskeidings); Carissa Ivy 1, Afrikaans FAL (nou 3 onderskeidings); Willy Mafikeng 1, English FAL (nou 5 onderskeidings); Carmen Nagel 1, English HL (nou 3 onderskeidings); Laryn Prins 1, English FAL (nou 4 onderskeidings); Eljane Uys 1, Ingenieursgrafieka en –ontwerp (nou 4 onderskeidings) en Wickus van Kasterop 1, English FAL (nou 4 onderskeidings).

Michaela Viljoen het ‘n onderskeiding in Wiskunde ontvang, wat haar totaal op ‘n allemintige 7 te staan laat kom.

Die Plasies het nou 271 onderskeidings.