Merensky triomfeer teen Eric Louw

Eerste dogtershokkiespan

Hoërskool Merensky het op Saterdag, 7 Mei op hul tuisveld kragte gemeet teen die wintersportspanne van Hoërskool Eric Louw van Musina.

Op die rugbyveld het al die Plasiespanne as oorwinnaars uit die stryd getree. Die o.14-span het 53-0 gewen en die o.15-span, 36-0, terwyl die o.16’s se wedstryd 10 minute vroeër gestop is met 79-0 op die telbord. Die Plasie-eerstespan het weer nie teleurgestel nie, en 48 punte verdien teenoor Eric Louw se 9. Richard Coleman, Wynand Scholtz en Armand Steyn het elkeen ‘n drie gedruk. Dylan Herrendoerfer het twee drieë gedruk, terwyl Clifford Sekgobela drie keer onder die pale gaan kuier het. Wynand Scholtz en Masedi Manamela het elkeen twee van hierdie drieë verdoel.

Net drie dogters- en seunshokkiespanne het Saterdag op die veld gedraf. Die tweede seunspan het 0-1 verloor. Die tweede dogterspan het 10-0 gewen met Kirsten Adendorff wat as speler van die wedstryd aangewys is. Die eerste dogterspan het skoonskip gemaak met ‘n 14-0 telling. Michelle Stevens (1), Corli van der Merwe (2), Altacia Gubitz (2), Delean O’Neill (4) en Xané du Toit (5) het almal doele aangeteken. Die speler van die wedstryd was Elzanne Engelbrecht.

Op die netbalbaan was die spanne ook pure pronkperd. Net die A-spanne het gespeel en Merensky het weereens die wentellings ingeryg: o.14: 15-7, o.15: 38-8, o.16: 28-2 en 1e:
39-7. Die o.17-span het 8-10 verloor.

Die senior sokkerspanne het ook gespeel. Eric Louw wen 3-2.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *