Merensky trots op Plasie-ruiters

Wandri Jansen van rensburg, Genevieve van der Merwe, Anri Janse van Rensburg, Salomé Lombard en Dawie van Jaarsveld.

FOTO:
Wandri Jansen van rensburg, Genevieve van der Merwe, Anri Janse van Rensburg, Salomé Lombard en Dawie van Jaarsveld.


Ses Limpopo-ruiters van Hoërskool Merensky het onlangs aan die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap vir Western Mounted Games by die Afridome in Parys deelgeneem.

In die SANESA skoleafdeling het nuweling, Dominique Bond, in die 3de-plek geeïndig. Vlak 4 ruiters, Dawie van Jaarsveld (3de), Genevieve van der Merwe (6de), Salomé Lombard (7de) en Wandri Janse van Rensburg (30ste) het teen 29 ander deelnemers kompeteer. Hierdie gedugte viermanskap is ook deel van die Limpopo-skolespan wat die spankompetisie gewen het. Vlak 7 ruiter, Anri Janse van Rensburg, moes ongelukkig na ‘n harde val op haar nek, tydens dag 1, onttrek.

In die ope-afdeling het Salomé Lombard ‘n 6de- en Wandri Janse van Rensburg ‘n 56ste plek uit 78 ruiters op Vlak 2 behaal. Dawie van Jaarsveld behaal ‘n 41ste- en Genevieve van der Merwe ‘n 50ste plek uit 78 ruiters op Vlak 3 in dieselfde afdeling.

Hoërskool Merensky en Limpopo is baie trots op hierdie ruiters en wens hul geluk met hierdie prestasies.