Merensky tweekampers by SA’s

Gedurende die naweek van 7 en 8 April, is die 42ste Suid-Afrikaanse Tweekamp byeenkoms in die pragtige Paarl deur Boland Tweekamp aangebied.

Veertien streke met 770 atlete van regoor die land het deelgeneem, met ouderdomme wat wissel van 9-59 jaar. Limpopo Tweekamp het 17 lede ingeskryf, waarvan Tayla Vos en Jané Geyer van Hoërskool Merensky in die o.15-afdeling gekompeteer het. Beide atlete slaag daarin om hul persoonlike tye te vebeter en het waardevolle ervaring opgedoen vir volgende jaar se byeenkoms.

[supsystic-gallery id=38 position=center]