Merensky verf Sakekamer blou

Me. Eileen Elbrecht (Sekretaresse van die Jaar) en mnr. Magnus Steyn (Bestuurder van die Jaar).

Nie alleen het Hoërskool Merensky die jaarlikse prysuitdeling van die Tzaneen Sakekamer geborg nie, maar ook weggestap met twee top toekennings.

Ons hoof, mnr. Magnus Steyn, is aangewys as die “Bestuurder van die Jaar”, terwyl Eileen Elbrecht, ons ontvangsdame die prys vir die beste sekretaresse in Tzaneen losgeslaan het.

Na 8 jaar as hoof van Hoërskool Merensky is dit ‘n ongelooflike eer om hierdie toekenning te ontvang. “I am a member of a team, and I rely on the team, I defer to it and sacrifice for it because the team, not the individual, is the ultimate champion.”, aldus mnr. Steyn.

Eileen glo: “Success is not the key to happiness.  Happiness is the key to success.  If you love what you are doing you will be successful.”

Hoërskool Merensky is baie trots op dié twee voorlopers in ons gemeenskap.

FOTO:
Me. Eileen Elbrecht (Sekretaresse of Ontvangsdame van die Jaar) en mnr. Magnus Steyn (Bestuurder van die Jaar).