Merensky wen weer Pro 20 wedstryd

Alex Jardim

Hoërskool Merensky het op Woensdag 4 November in die tweede rondte van die Pro 20-reeks op hulle tuisveld teen Phalaborwa Krieketklub te staan gekom.

Phalaborwa het besluit om eerste te kolf en kon slegs 47 lopies aanteken. Merensky het die teiken gemaklik verbygesteek in 7 boulbeurte en die wedstryd met 10 paaltjies gewen.

Die Plasies se beste bouler vir die dag is Alex Jardim wat 4 paaltjies geneem het in 4 beurte.