Merensky woon ATKV kursusse by

JUNIOR EN SENIOR DEBAT: Agter: Jamie Robertson, Dirk Crafford, Amelda Pretorius, Stefan en Suandrie Corbett. Voor: Lize-Ri Snyman en Megan Cloete.

Op Vrydag 20 Januarie het me. Claudia Olivier, nuwe leerkrag by Hoërskool Merensky, ‘n kursus te Polokwane voltooi om haar te bekwaam as geregistreerde ATKV-Redenaarsbeoordelaar.

Aangesien die Plasies se debatslus reeds verlede jaar aangewakker is, het sewe leerders op Saterdag, 21 Januarie by haar aangesluit ten einde ‘n debatslypskool by Pietersburg Hoërskool by te woon.

Hoërskool Merensky sien met groot verwagting uit na die vrug wat hierdie kursusse sal afwerp.

[supsystic-gallery id=5 position=center]