Merensky Jeugskou 2018

WD Last, Lazenke joubert, Marioné Jacobs en Tommy Strydom (junior-junior deelnemers) met Francois Blandin de Chalain.

FOTO:
WD Last, Lazenke joubert, Marioné Jacobs en Tommy Strydom (junior-junior deelnemers) met Francois Blandin de Chalain.


Op Saterdag, 21 April, het 51 Plasie-skoumanne aan die jaarlikse Merensky Jeugskou deelgeneem. Hierdie was die grootste skou en deelname tot op hede, met 41 deelnemers by die beeste en 10 by die bokke.

Die skoumanne en –dames het in vier afdelings gekompeteer, wat ‘n 20% kennistoets, 15% voorbereiding, 15% was en 50% skou van die diere ingesluit het.

Bekwame beoordelaars, mnre. Francois Blandin de Chalain, Willy Stevens, Pieter Gerber (beeste) en mnre. AJ Fourie en Pieter de Lange (bokke) het graag hul kennis gedeel en die volgende wenners aangwys:

BOKKE

Junior wenners:

  • Dylan Hallatt
  • Keagan Meyer
  • Tiaan Joubert

Senior wenners:

  • Roland Wiers
  • Johan Coetzee
  • Dehan Haasbroek

Algehele wenner: Dylan Hallatt.

VLEISBEESTE

Junior-junior:
(4 toekomstige Plasies het in die ouderdomsgroep 6-10 jaar deelgeneem)
Algehele wenner: Marioné Jacobz.

Junior wenners:

  • Cameron Critchley
  • Anuska de Wet
  • Mia Sounes

Senior wenners:

  • Dominique Blandin de Chalain
  • Nickey Smith
  • Andrea van Jaarsveld

Seuns wenner: George Tolmay.
Dogters wenner: Dominique Blandin de Chalain.
Algehele wenner van die dag: Dominique Blandin de Chalain.

Baie dankie aan ZZ2 (Fanie Potgieter) wat Agri-Merensky bystaan en ondersteun met die PinZ2yl kudde, asook mnr. Joubert Fourie van Limpopo Dairy by die bokke.

Agri-Merensky sien uit na die volgende skoue: 1-5 Mei, Bloemfontein; 19 Mei, Gauteng interskole; 8-11 Augustus, Letaba Skou; 18-20 September, Alfa Landbouskou te Parys en 1-5 Oktober Nasionale Jeugskou te George.