
Die jaarlikse mnr. Bosvark en me. Loerie tradisie op Plasieland het weer op 22 Mei vir groot opwinding onder die Merensky-leerders gesorg. Hierdie toekenning gaan aan ‘n spesiale man- en dame-onderwyser wat deur die leerders verkies word vir hulle toewyding en Plasie-gees. Mnr. Arno Last en mej. Claudia Olivier het hierdie jaar met die gesogte prys weggestap.