Nasionale perdrykampioenskappe

Dawie van Jaarsveld op Robyn.

Vyf leerlinge van Hoërskool Merensky het die afgelope vakansie vir die Limpopo hoërskolespan deelgeneem aan die nasionale perdrykampioenskappe in die Western Mounted Games dissipline.

Genevieve van der Merwe en Anri Janse van Rensburg het albei opgeskuif na vlak 4 in die ope-afdeling.

Wandri Janse van Rensburg het op vlak twee een eerste, twee tweede en ‘n vyfde plek verower. Hennerien Knox het ook op tweede vlak twee eerste plekke, ‘n vierde- en vyfde plek ingepalm.

Dawie van Jaarsveld en sy perd, Robyn het geskitter en het algeheel vyfde geeindig, met ‘n eersteplek, ‘n tweede plek, vier vierde plekke en ‘n vyfde plek.

Die Limpopo hoërskolespan het algeheel vierde geeindig tydens die kompetisie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *