Netbal toer na Camp Discovery

Netbal toer na Camp Discovery

Die naweek van 19 tot 22 Maart was al Hoërskool Merensky se A-netbalspanne by ‘n kursus te Camp Discovery, net buite Pretoria. Die voormalige Protea-afrigter, Jenny van Dyk, was die kursusleier. Jenny rig tans die Jaguars af wat deelneem aan die Brutal Fruit-liga, asook die o.19 Protea-span en TUKS 1, die senior netbalspan van die Universiteit van Pretoria.  Sy is bygestaan deur onder andere Shadine van der Merwe, ‘n Protea-speler, sowel as die hele Jaguars span.

Die dogters het geweldig baie geleer. Aandag is gegee aan spelpatrone, verdedigings- en aanvalstrategieë.  Behalwe dat die kamp self ‘n spanbou-aksie was waartydens hulle deelgeneem het aan verskillende spanbou-aktiwiteite, het die dogters ook wedstryde gespeel. Merensky se o.15- en o.16-spanne is onoorwonne en die o.14- en o.18-spanne het elkeen 1 wedstryd verloor.  Al die spanne het 6 wedstryde gespeel.