
Hoërskool Merensky wens Matthew van der Merwe en Hlulani Ngobeni (graad 9) geluk met die voltooiing van hul brons Presidentstoekennings.
Om dit te behaal moes hul 24 uur gemeenskapsdiens oor 3 maande lewer, aan ‘n sport en nuwe vaardigheid deelneem vir 3 of 6 maande en ‘n staptog van 24km voltooi wat oor 2 dae gestrek het. Die twee manne moes ook ‘n joernaal, waarvolgens alle aktiwiteite geevalueer word, saamstel. Leerders moet 14 jaar oud wees om te registreer en ‘n minimum tyd van 6 maande aan bronsvlak spandeer.
Matthew en Hlulani mik nou om binne die volgende jaar die vereistes vir die silwer toekenning te voltooi.
Nog 51 Plasie-leerders is tans besig om te werk aan hierdie gesogte toekenning: 7 goud, 17 silwer en 27 brons.