Nog ‘n eerste vir Merensky

Radio Merensky: Joe Raspel

Na maande se droom, beplanning en onvermoeide ywer is Plasieland se eie aanlyn radiostasie, Radio Merensky, uiteindelik op Dinsdag, 7 Junie 2016, van stapel gestuur.

Verskeie rolspelers en hoofborge, naamlik mnr. George Lourens (versekeringsmakelaar) en Wimpie Knoetze van Letaba Wireless, het gesellig verkeer buite die nuwe studio.

Omroepers, mnre. Magnus Steyn jnr. en Louis Fourie, het die gaste ‘n voorsmakie gegee van die luister-lekkerte wat op hul wag.

Hierdie nuwe toevoeging tot Hoërskool Merensky dien ook as ‘n uitstekende opleidingsgeleentheid vir leerders wie belangstel in die uitsaaiwese, hetsy tegnies, musiekgewys of as omroeper.

Radio Merensky is ‘n internet-radiostasie wat 24-uur wêreldwyd uitsaai. Verskeie programme is in die pyplyn en beloof om daagliks programme met aktuele-, sport- en kultuurinhoud uit te saai. Die visie is om die breër Letaba-gemeenskap uiteindelik te bedien met toonaangewende programme en musiek.