Nog ‘n oorwinning vir Plasie-rugby

Ruan van Rooyen (o.15) druk ‘n drie.

FOTO:
Ruan van Rooyen (o.15) druk ‘n drie.


Hoërskool Merensky het Saterdag, 12 Mei, tuis teen Hoërskool Ben Viljoen kragte gemeet in nog ‘n ligawedstryd.

Die Plasies se wenstreep is die naweek voortgesit, met net die tweedespan wat met ‘n telling van 25-34 die spit afgebyt het.

Die o.14A- en B-spanne het onderskeidelik 28-19 en 40-5 gewen. Die o.15A-seuns het nie op hul laat wag nie en ‘n 44-5 wen op die telbord gesit. Net voor die eerstespan het die o.16A’s gwys wie’s baas en Ben Viljoen met ‘n allemintige 76-12 gewen.

Die dag is goed afgesluit met die eerstespan se 25-15 wen teen die Dallers. Delux Jooste, Moeletsi Mauwane en Ryno van Burick het drieë gedruk. Jooste het twee van die drieë verdoel, asook twee strafskoppe se punte ingepalm.

Die volgende ligawedstryde word teen Hoërskool Piet Potgieter van Mokopane op Plasiepark beslis.