Nog onderskeidings vir die Plasies

Hoërskool Merensky se klas van 2018 het onlangs, na ‘n hermerk, die goeie nuus ontvang dat nóg 5 onderskeidings by hul reeds indrukwekkende uitslae gevoeg is. Die aantal plasie-onderskeidings het gegroei van 249 na 254.

Chanel Dohse pronk nou met 6 onderskeidings, nadat sy ook vir Afrikaans Huistaal bo 80% behaal het. Bianca Elbecht voeg Lewenswetenskappe by haar 3 onderskeidings, om dit 4 te maak. Liné Fourie het ook nou 4 onderskeidings, met die byvoeging van Afrikaans Huistaal. Antje-Marise Lombard het vir English First Additional Language ‘n onderskeiding behaal, wat aan haar ‘n driekuns besorg. English First Additional Language besorg ook aan Ciné Venter haar tweede onderskeiding.

Die Plasies spog nou met 143 leerders met Universiteitsvrystelling.