Nuwe besem by Agri-Merensky

Mnr OJ le Roux is pas aangestel as leerkrag vir Landboubestuurspraktyk en Landbouwetenskap by Hoërskool Merensky. Hy het ‘n N.Dip in Gewasproduksie (Crop Science) sowel as ‘n B.Tech in Plantvermeerdering (Plant propagation) aan die TUT verwerf.

As oud-Plasie is dit vir hom geen onbekende terrein nie, en is hy opgewonde om weer deel van die blouspan te wees. Hy sien uit om die Pinzylstoet te hanteer, asook Plasieland se deelname aan die nasionale Jeugskou te bevorder. Soos in die verlede sal Hoërskool Merensky weer eersdaags ‘n plaaslike junior jeugskou aanbied. Hou gerus die media dop vir die datums.