
FOTO
Massa-verwelkoming met mnre. Arno Last (Hoërskool Merensky) en Lourens de Jager (ZZ2).
Woensdag, 19 April, het vir groot opwinding in die Merensky landbougeledere gesorg toe ZZ2 10 nuwe Pin2Zyl-verse op Plasieland afgelewer het.
Hierdie nuwelinge bring die kudde nou op 25 te staan – ‘n werkbare getal wat die Agri-Merensky leerders geleentheid bied om deeglik voor te berei vir die naderende jeugskoue. Die Plasiespan sal ook in Augustus by die Letaba Landbouskou te sien wees.
Agri-Merensky bedank Paul Bester van ZZ2 vir hul volgehoue ondersteuning.
[supsystic-gallery id=36 position=center]