Nuwe tradisie op Plasieland

Eerstespanlede ontvang hul baggies.

Die afrigters van Hoërskool Merensky se eerste rugbyspan, mnre. Pieter van der Merwe en Clinton Gerber, het dit goedgedunk om ‘n nuwe tradisie by Plasierugby te begin. Elke speler wat al meer as 4 wedstryde vir die span uitgedraf het, ontvang voortaan ‘n spesiale “baggy” (hoedjie) wat eer aan sy prestasie verleen. Saam met die hoedjie ontvang elke speler ook ‘n spesiale nommer wat vir die res van sy lewe aan hom alleen sal behoort.

14 Spelers het op Vrydag, 20 Mei, net voor die groot Frans du Toit-wedstryd, hoedjies ontvang:
Agter: Richard Coleman, Ruurd Jacobs, Masedi Manamela, MJ Bensch (Kaptein), Clifford Sekgobela, JD le Grange, Almo Julies en Armand Steyn.
Voor: Ettienn Slabbert, Joe Raspel (Onderkaptein), Timothy Elphinstone, Noko Malatji, Dylan Herrendoerfer en Freddie Lubbe.