o.15 Plasie krieketspelers het geen keer

Ockert Schoeman kolf

FOTO:
Ockert Schoeman maak 12 lopies teen Nkowankowa.


Die o.15-krieketseuns van Hoërskool Merensky spog in een week met twee pragoorwinnings.

Dié span het op Woensdag, 15 Augustus, teen die span van Hoërskool Ben Vorster te staan gekom. Die Plasies kolf eerste en teken 97 lopies aan, almal uit. Abri Wheelan en Hendrik Botes maak hul merk deur onderskeidelik 18 en 13 lopies aan te teken. Die Vossies kry ‘n kans om te kolf, maar word almal uitgeboul vir 59 lopies. Christian Barnard neem 4 paaltjies en veelsydige speler, Hendrik Botes, neem 3 paaltjies.

Merensky wen Ben Vorster met 38 lopies.

Op Saterdag, 18 Augustus, was oorwinning steeds in die lug toe hulle teen Nkowankowa gespeel het. Die besoekers het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. In die 21ste beurt word hul uitgehaal vir slegs 75 lopies. Plasie-bouler, Christian Barnard, neem 3 paaltjies en word aangewys as die beste bouler van die wedstryd. In die 13de beurt haal Merensky reeds die lopietelling in, met Ockert Schoeman wat 12 lopies maak en as beste kolwer aangewys word.

Merensky wen Nkowankowa met 5 paaltjies.