Oud-Plasie speel vir Proteas

Oud-Plasie, Elmien Marais, het in Desember haar droom om Protea-hokkie te speel, verwesenlik. Sy het in Desember 2015 Suid-Afrika verteenwoordig by ‘n internasionale, binnenshuise hokkietoernooi.

Die span het welslae behaal teen die VSA en Australië, en as oorwinnaars uit die toernooi getree.