Plasie-atlete berei voor vir mega seisoen

Op 5 en 6 November het Merensky se atletiekafrigters ‘n kursus aangebied vir alle toekomstige Plasies en huidige junior atlete.

Sessies in naellope, langafstande, hekkies, gewigstoot, diskus, hoogspring en spiesgooi is aangebied.

Mev. Laura Revelas (‘n dieëtkundige van Tzaneen) het die groep atlete toegespreek oor regte eetgewoontes vir atlete, terwyl mnr. Hein van Heerden, Merensky se adjunkhoof sport, die atlete gemotiveer en geleer het van “mental toughness”.

Tussendeur die harde werk is daar darem ook lekker gespeel en geswem, en het die groep selfs hulle eie “mini-olympics” gehou.

‘n Spesiale dankie aan mev. Dorette Oosthuizen (‘n Plasie-ouer) wat die hoogspringatlete gehelp het. ‘n Kamp soos hierdie verseker ‘n goeie wegspring vir die atlete op Plasieland. Almal sien uit na ‘n dinamiese 2016 atletiekseisoen.