Plasie bergfietsryers by Limpopo

Voor: Jurgens Spaumer. Agter: Armand Cronjé, Bevan Muller, Sheldon Muller, De Wet du Toit en Trevor de Beer.

FOTO:
Voor:
Jurgens Spaumer.
Agter: Armand Cronjé, Bevan Muller, Sheldon Muller, De Wet du Toit en Trevor de Beer.


Op Saterdag, 19 Mei, het 8 fietsryers van Hoërskool Merensky aan die Limpopo Bergfiets XCO by Tzaneen Country Lodge deelgeneem.

Staatmakers, Bevan en Sheldon Muller, het weereens die pas aangegee en het Bevan 2de geeïndig in die “Youth Boys”-kategorie en Sheldon 3de tussen die “Junior Boys”.

Gunther Katzke, De Wet du Toit, Trevor de Beer en John-Robert Honiball het onderskeidelik 5de-, 7de-, 9de- en 10de-plekke in die “Youth Boys”-afdeling losgetrap.

Nuweling, Jurgens Spaumer, het 14de geeïndig in die “Sub Junior Boys”-kategorie. Armand Cronjé het in die “Junior Boys”-afdeling ingeskryf, maar kon ongelukkig nie klaarmaak nie.