Plasie bergfietsryers presteer

Bergfiets - Mooketsi MTB Challenge

Ses Plasie-bergfietsryers het omtrent tande geslyp vir die jaarlikse Mooketsi MTB Challenge op Saterdag 22 Oktobeer.  Hierdie wedren is baie gewild, aangesien dit ryers die geleentheid bied om deur ‘n privaat natuurreservaat te ry.

In die 10km afdeling het Janco Coetzee die algehele eerste plek ingeneem, en Bevan Muller was in die tweede plek. Francois Nothnagel het ook vir die heel eerste maal deelgeneem, en ‘n skaflike agtste plek behaal.

Sheldon Muller was algeheel derde oor die 35km afstand, en verdien ‘n tweedeplek in die o.16 ouderdomskategorie.