Plasie-Christelle tweede in Suid-Afrika

Plasie-Christelle tweede in SA

Saterdag 12 September het twee atlete van Hoërskool Merensky naamlik Christelle Coetzer en Anri McLean, deelgeneem aan Suid-Afrikaanse landloopkampioenskappe te Middelburg, Mpumalanga. Hul het albei ‘n afstand van 4km afgelê.

Christelle Coetzer het in die o.14-wedloop, waaraan 95 atlete deelgeneem het, ‘n silwer medalje ingepalm en so bewys dat sy ‘n gerekende krag uit Limpopo is. Anri McLean (o.15) het ‘n 60ste plek behaal tussen 100 atlete in haar ouderdomsgroep.