Plasie gholfers slaan goed af

B-LIGA: Armand Fourie, Setshaba Masehela, Danie Olivier (Organiseerder), Blake Linder en Johan Meintjes.

Hoërskool Merensky het hierdie jaar twee gholfspanne ingeskryf vir die Skole Interhoër Gholftoernooi wat op Vrydag, 29 Julie deur Hoërskool Frans du Toit in Phalaborwa aangebied is. Ander skole wat deelgeneem het was Hoërskool Louis Trighardt, HTS Tom Naudé, Hoërskool Ben Vorster, Sandford Lake College, Pietersburg Hoërskool en Hoërskool Frans du Toit.

Die Plasies het in die B- en C-ligas deelgeneem. In die B-liga het die viermanskap silwer medaljes verwerf en in die C-liga het Merensky ‘n derde plek behaal.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *