Plasie-gholfers speel by Sun City

Sun City Gholf Toernooi 2016

FOTO’S

Foto 1
Voor: Danie Olivier (afrigter), Johan Meintjies en Armand Fourie.
Agter: John-Hendrik Muller, Setshaba Masehela en Luka Andoire-Chandler.

Foto 2
Armand Fourie ontvang sy trofee.

Hoërskool Merensky se eerste gholfspan het gedurende die skoolvakansie saam met mnr. Danie Olivier ‘n 3 dag-toer onderneem na die bekende Sun City-oord in Noord-Wes.

Die span het die toernooi begin deur by Pecanwood Golf & Country Club in Hartbeespoort af te slaan waar 18 gaatjies gespeel is. Die volgende twee dae het hulle die wêreldberoemde Gary Player-baan by Sun City beleef. Volgens die seuns het hierdie baan sy reputasie gestand gedoen en was dit ‘n ongelooflike ervaring.

Die Plasiespan het algeheel vierde in die toernooi geeïndig. Armand Fourie is vereer met ‘n trofee vir die speler wat die laagste telling volgens sy voorgee gespeel het. Die ander spelers het almal hul persoonlike beste tellings tydens die toernooi verbeter.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *