Plasie graad 8’s gaan groot

Karen Basson, Kyle Hamilton, Suné Hermann, Megan Jardine, Abri Whelan en Kayla Olivier.

FOTO:
Karen Basson, Kyle Hamilton, Suné Hermann, Megan Jardine, Abri Whelan en Kayla Olivier.


Soos gebruiklik het Hoërskool Merensky se 2017 graad 8-groep deelgeneem aan die jaarlikse Internasionale Afrikaans Ekspo, aangebied deur die FAK.

Karen Basson, Kyle Hamilton, Suné Hermann, Megan Jardine, Abri Whelan en Kayla Olivier het in die opstel- en poësie afdelings bewys die pen is magtiger as die swaard.

Toppresteerder, Karen Basson, behaal 90% vir haar opstel, My groot uitdaging. Die opstel, Jan se protes, maak Abri Whelan ‘n kategoriewenner met 88%.

Vanjaar se oorhoofse tema was “protes”, maar leerders het ook ‘n oop onderwerp gehad in sommige van die kategorieë.

Die wenners is in die September-uitgawe van die FAK se aanlyntydskrif, Ink, bekendgemaak.