Plasie-hokkie skud stadskole

Dillon de Lange, Kesia Pohl en JJ Davis met hul medaljes.

Plasie-hokkiespelers het op Saterdag, 27 Augustus behoorlik amok gemaak by die jaarlikse Sutherland Seweshokkietoernooi in Centurion, Pretoria. Kragte is gemeet teen gerekende stadskole soos Hoërskole Eldoraigne, HF Verwoerd en die gashere self, Sutherland.

Hoërskool Merensky het hard geveg en die vrugte gepluk. Die o.15- en o.18-seunspanne wen die bekerfinaal en verower welverdiende goue medaljes.

Die o.15-dogters wen silwer medaljes, terwyl die o.18-dogters die plaatfinaal gewen het.

Drie van die vier benoemde “Spelers van die toernooi” was van Plasieland. Merensky wens JJ Davis (seuns o.18), Dillon de Lange (seuns o.15) en Kesia Pohl (dogters o.15) geluk.