Plasie-hokkie toer Kaap toe

Voor: Simoné van den Bergh, Elzanne Engelbrecht, Clariska Venter en Juanet Venter. Agter: Nadia Last (afrigter), Corli van der Merwe, Sancha van Niekerk, Kesia Pohl, Anri Janse van Rensburg, Roelien O’Neill, Lilly Pohl, Jenna Devenish, Amelia Middleton, Zenesia Nukeri, Chantelle Maswanganyi en Merise Katzke (afrigter).

Oor die langnaweek van 17 tot 21 Maart het die eerste dogtershokkiespan van Hoërskool Merensky afgevlieg Kaap toe om te gaan deelneem aan die DF Malan Nasionale Hokkiekursus.

Die Plasies het agt wedstryde gespeel. Wentellings is aangeteken teen Hoërskool Brandwag (1-0), Curro Durbanville (2-1) en Hoërskool Langenhoven (1-0). Hulle het gelykop gespeel teen Hoërskole La Rochelle en Stellenberg.

Die Plasies pronk ook met die toekenning vir die beste span in fiksheid en spanbou uit 43 spanne. Hokkiester, Lilly Pohl, is ingesluit in die kursusspan wat spesiale afrigting ontvang het.

Met ervarings soos hierdie is dit geen wonder dat die Merensky-hokkiebokkies hul merk binne en buite Limpopo maak nie.

FOTO:
Voor: Simoné van den Bergh, Elzanne Engelbrecht, Clariska Venter en Juanet Venter.
Agter: Nadia Last (afrigter), Corli van der Merwe, Sancha van Niekerk, Kesia Pohl, Anri Janse van Rensburg, Roelien O’Neill, Lilly Pohl, Jenna Devenish, Amelia Middleton, Zenesia Nukeri, Chantelle Maswanganyi en Merise Katzke (afrigter).