Plasie-hokkie trek berg-op

Midde-in die wintereksamen het Hoërskool Merensky se dogters- en seunshokkiespelers op Woensdag, 31 Mei stokke gestamp teen die spanne van Stanfrod Lake College.

Die 2e-seunspan sluit hul seisoen op ‘n hoë noot af met ‘n 3-1 wen. Kieran Albertus, Delux Jooste en
John-D Ball het met doele bygedra tot die span se sukses.

Die o.14’s buig die knie met ‘n 0-1 telling; Kyle-Bradley Hamilton is aangewys as die speler van die wedstryd.

In ‘n titaniese gelykop-stryd tussen die o.15-spanne, het die Stanfordians uiteindelik geseëvier met ‘n 2-3 eindtelling.

Merensky se 1e-span verloor naelskraap, 0-1.

Die o.16-dogterspan het uitmuntende spel gelewer en met ‘n 5-0 wen van die veld gestap. Doele is aangeteken deur Meghan MacNicol (2), Jenelle de Jonge (1), Jamie van der Merwe (1) en Zoe Kader (1). Michaela Dale is aangewys as speler van die wedstryd.

Hayley Stephenson was speler van die wedstryd vir die 2e-span met ‘n 2-1 oorwinning.

Die o.15-span het verbete geveg, maar 1-2 verloor.

Na ‘n taai stryd het die 1e-dogterspan ook 0-1 verloor.