
Hoërskool Merensky se o.14- en o.15-dogtershokkiespanne het vanaf 28 tot 30 Julie aan die Noordvaal Kampioenskappe deelgeneem.
Die o.15’s het in Witbank hul eerste poelwedstryd teen Uplands, 1-0, gewen. Daarna het hulle vasgeval teen Delmas en Frikkie Meyer.
Die o.14-dogters het in Krugersdorp oë laat rek toe hul die eerste wedstryd op 28 Julie teen Overvaal 7-0 wen. Op dieselfde dag het hulle Dr Malan met ‘n 3-2 telling uitoorlê.
Op 29 Julie wen die dogters Dinamika, 3-0 en gaan deur na die kwartfinaal teen Hatfield Christian School, wie hulle 4-3 wen.
Op 30 Julie verloor die dogters 2-1 teen Hoërskool Piet Potgieter, maar wen Dr Malan 2-0 om derde in die toernooi te eindig.
Die afrigters is baie trots op die dogters en kon keer-op-keer sien hoe sportmanskap tydens hierdie toernooi seëvier.