Plasie-hokkiedogters skitter by Bokkieweek

o.14-Bokkieweekspan 2016

Merensky se hokkiedogters het behoorlik uitgeblink tydens die Bokkieweek gedurende die afgelope Junie-skoolvakansie.

4 Plasies is opgeneem in die o.19-span (Lilly Pohl, Clariska Venter, Lizanie Mallinson en Alicia Prinsloo) en 7 dogters het gespeel vir die o.14-span (Michelle Brummer, Leoné Slabbert, Charlize Meyer, Jessica Botha, Bianca Prinsloo, Joha du Toit en Zonika van Niekerk).