Plasie-hokkiestokke klap

Dhokkie o14

FOTO:
DIE O.14-SPAN
Voor: Claudelle Cawood.
Middel: Nikita Fouché, Suzaan Schutte, Amerie Kotze, Chantelle Meyer, Verliza Fox, Palesa Mosa en Desiré de Jager.
Agter: Chloë Beretta, Jané Naudé, Hope Muvhngo, coach Nadia Claasen, Rochelle Volschenk en Tarien van Staden.


Na verskeie uitdaagwedstryde gedurende die week, het Plasieland se hokkiebokkies op Saterdag, 9 Junie, aan die Limpopo semi-finaal by Pietersburg Hoërskool deelgeneem.

Met ‘n skittervertoning het die o.14’s die provinsie laat kennis neem toe hul Hoërskool Ellisras 6-1 geklop het. Hierdie belowende juniorspan speel op 16 Junie teen Hoërskool Ben Vorster in die finaal en sal later in die Noordvaal-toernooi te sien wees.

Die Plasie o.15-span moes as gevolg van 1 doel terugstaan teen Hoërskool Frikkie Meyer toe dié hulle 3-4 geklop het. Die span sal egter in die Limpopo finaal vir die 3de-plek uitspeel teen Hoërskool Ben Vorster, ten einde die Noordvaal-toernooi te haal.

Na ‘n taai stryd, wat oorgegaan het in ‘n 8-sekonde uitklop, het die o.16’s met 2-1 daarin geslaag om Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal kous oor die kop huis toe te stuur. Dié span speel ook, soos die o.14’s, teen Ben Vorster in die finaal en gaan deur na die Noordvaal-toernooi.

Op die seniorfront was sake nie so rooskleurig nie. Die 2de-span moes met ‘n 2-3 telling teen Frikkie Meyer tevrede wees. Die 1ste-span kon ook nie op die dag teen Ben Viljoen kers vashou nie en stap 0-5 van die veld. Nog is dit het einde niet, want Stanford Lake College moet in die Limpopo finaal oorwin word om 3de-plek in Limpopo te beklee en sodoende vir Noorvaal te kwalifiseer.