Plasie is Polocrosse held

István Schuch in aksie.

István Schuch, ‘n graad 8-leerling van Hoërskool Merensky, presteer tans in ‘n uitsonderlike sport. Hy is vir die o.14 SA Polocrossespan gekies, wat onlangs in Lusaka, Zambië aan ‘n internasionale toernooi deelgeneem het.

Sy span het 2 uit die 3 wedstryde gewen. Die huidige Suid-Afrikaanse wêreldbeker spanbestuur het bevestig dat hul spelvlak gedurende hierdie toernooi van die beste gehalte ooit vir ‘n o.14-span was.

István is ook beloon met ‘n toekenning vir die beste speler in sy posisie tydens een van die wedstryde. Hy is ‘n lid van die Limpopo Crusaders Polocrosse Klub in Louis Trichardt.