Plasie-Karatekas presteer

Op Saterdag, 5 Maart het drie Merensky-leerders deelgeneem aan die Limpopo Karatekampioenskappe te Polokwane.

Al drie het uitsonderlik presteer. Sivaughn Cronjé (graad 12) het gekwalifiseer vir haar geel belt en behaal ook twee goue medaljes in Kata en Kumite.

Lize-Ri Snyman (graad 9) het gekwalifiseer vir haar bruin belt en dra ook twee goue medaljes weg in Kata en Kumite.

Pierre Horn (graad 9) verwerf ‘n goue medalje in Kata en silwer in Kumite, en kwalifiseer vir sy bruin belt.

Hierdie karatekas is almal lid van die Hoedspruit Tigers.