Plasie laat planke praat

Liam O’Brian en Juané Pretorius.

FOTO:
Liam O’Brian en Juané Pretorius.


Liam O’Brian, ‘n graad 9 leerder van Hoërskool Merensky, het tydens die South African Dance School Championships behoorlik die planke laat praat. Meer as 4000 dansers het in Pretoria mekaar die stryd aangesê.

Volgens sy danstutor, Annemieke Osmers van The Dance Place, is Liam ‘n uitsonderlik talentvolle danser. Hy het aan 7 items deelgeneem en goud verwerf in die volgende afdelings: Akrobaat-solo, Kontemporêre-duet en -groep. Hy verwerf ook top silwer in die Oop kategorie (verskeidenheid van style), Akrobaat-groep en 2 Modern Jazz groepitems.