Plasie-landlopers wys hakskene

Landloopliga no 1 2016

FOTO

Voor: Melissa Pieterse en Louis Hayens.
Middel: Francois Nothnagel, Anri McLean, Christelle Coetzer, René Wiese en Lizani Mallinson.
Agter: Johan Hayens, Juan-Jacques Moller, Janco Coetzee en Marlu McLean.
Afwesig: Jasper Stoltz.

Op Saterdag, 9 April was die eerste landloopliga vir 2016 by Aganang deur Molletji AC aangebied.

Vir sommige van die Hoërskool Merensky atlete was dit hul eerste landloopbyeenkoms ooit, maar tog het hulle hul baie goed van hul taak gekwyt.

Vier atlete het medaljes huis toe gebring. Janco Coetzee het ‘n silwer medalje vir seuns o.14 verwerf, terwyl René Wiese (o.14), Anri McLean (o.16) en Marlu McLean elkeen ‘n bronsmedalje ingepalm het.