Plasie-langasems draf 36km kaf

Voor: Michaela Dale, Michelle Brummer, Ruette Schoeman en Jenelle de Jonge. Middel: Amelia Booth, Kaitlin Kurten, Armand Cronjé, Anri McLean, Jamie Coppen, Peter Dauth, Joné du Toit en Francois Nothnagel. Agter: Nika Britz, mnr. Magnus Steyn jnr, Janco Coetzee, Donovan van Tonder, Sheldon Muller, Jean-Jacques Moller, Jurie Wilders en me. Elzette Steyn.

FOTO:
Voor
: Michaela Dale, Michelle Brummer, Ruette Schoeman en Jenelle de Jonge.
Middel: Amelia Booth, Kaitlin Kurten, Armand Cronjé, Anri McLean, Jamie Coppen, Peter Dauth, Joné du Toit en Francois Nothnagel.
Agter: Nika Britz, mnr. Magnus Steyn jnr, Janco Coetzee, Donovan van Tonder, Sheldon Muller, Jean-Jacques Moller, Jurie Wilders en me. Elzette Steyn.


Op Saterdag, 3 Maart, het drie van Hoërskool Merensky se landloopspanne die Le ‘Club Tzaneen, 36km padwedloopaflos na die Eiland Spa aangedurf.

Die atlete is in spanne van 6 gedeel. Elke atleet het 2 bene van 3 kilometer afgelê. Hierdie spanne van die vier deelnemende hoërskole het as volg in die hoërskole-afdeling presteer: Northern Academy 1 (1ste – 02:09:56), PHS 1 (2de – 02:11:23), Merensky A (3de – 02:18:23), Northern Academy 2 (4de – 02:28:24), Merensky B (5de – 02:40:24), PHS 2 (6de – 02:44:10), Merensky C (7de – 03:05:53) en Ben Vorster (8ste – 03:11:20). Merensky A het ‘n gemiddeld van 03:50 per kilometer gehandhaaf.

Soos elke atleet weet stel die pad Eiland toe ‘n stewige uitdaging en moes elkeen alles gee om die bulte kaf te draf. Hoërskool Merensky bedank graag Le ‘Club Tzaneen vir hierdie inisiatief.