Plasie-legende groet

UK staan erewag.

FOTO:
Die UK staan erewag.


Tradisioneel is die eerste Woensdag in Maart, Merenskydag. Tydens hierdie geleentheid word Hoërskool Merensky se ontstaan herdenk. Mnr. Felix Nomvela (Tzaneen kringbestuurder vir die departement van onderwys) en me. Hannelie Schoonraad (vakadviseur, Afrikaans), het die plegtigheid bygewoon.

Vanjaar was dit ‘n uitsonderlike geleentheid aangesien me. Fransie le Roux haar afskeidsboodskap, na 39 jaar op Plasieland, gelewer het. Sy het die gehoor in die holte van haar hand gehou met staaltjies en kosbare herinneringe. Me. Le Roux het diep spore in die onderwys getrap. Sy het in 2009 waargeneem as skoolhoof, en vir 12 jaar as adjunkhoof diens gelewer. Sy het ook ‘n lansie gebreek vir die taalonderwysers. By hierdie geleentheid het die skool aan haar hulde gebring met ‘n pragtige skyfievertoning wat haar loopbaan gedenk. Die hoofleiers het ook ‘n antieke skoolbank aan haar geskenk, waarna sy vir oulaas saam met die skool Merensky in Union gesing het.

Hoërskool Merensky wens me. Le Roux ‘n voorspoedige lewensreis (en oorsese reise) toe.