Plasie maak stem dik in rugbykringe

Mnr. Ian van Heerden, rugby-afrigter van Hoërskool Merensky is tydens die rugby algemene jaarvergadering op 19 November verkies tot die nuwe ondervoorsitter van die Limpopo Afrigtersvereniging.

Mnr. Van Heerden is ‘n gelisensieerde World Rugby / IRB opleier van afrigters, en bied ook Boksmart-kursusse aan vanaf 2012. Hy dien self, vanaf 2011, as provinsiale vlak afrigter in skolerugby. Hy tree ook as direkteur (afrigting en ontwikkeling) op in die provinsiale taakspan vir SASCOC se departement sport.

Plasieland is trots op dié prestasie, en sien met groot verwagting uit na volgende jaar se kragmetings op die rugbyveld, veral met die oog op Merenskyrugby se terugkeer na die Limpopo skolerugbyliga.