Plasie nou Limpopo Meester

Bridget Calitz (o.30 Meesterskampioen) saam met Saira Junqueira (o.15 Meesterskampioen).

FOTO:
Bridget Calitz (o.30 Meesterskampioen) saam met Saira Junqueira (o.15 Meesterskampioen).


Saira Junqueira, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Merensky, deel nie die algemene siening dat rolbal vir bejaardes bedoel is nie.

Hierdie tiener speel reeds vir etlike jare en is ‘n bewys dat rolbal deur oud en jonk geniet kan word.

Saira het onlangs aan die Limpopo Meesters Rolbalkampioenskappe vir die Tzaneen Rolbalklub in die o.15-afdeling deelgeneem waar sy die kampioenskap wen en as die provinsie se Meester weggestap het.